‘n Boodskap van meegevoel

  • Posted: Dec 10, 2013

‘n Boodskap van meegevoel van Iziko Museums van Suid-Afrika

Iziko Museums van Suid-Afrika, ons land, en die wêreld word saamgesnoer in hartseer terwyl ons rou oor ons Tata NelsonRolihlahla Mandela, wat op Donderdag, 5 Desember 2013 oorlede is. Madiba se lewenslesse en nalatenskap is deel van ons kulturele erfenis – dit is ‘n nasionale kosbaarheid wat bewaar moet word vir geslagte van die toekoms en ook met hulle gedeel moet word. Nelson Mandela was midde-in elke stadium van Suid-Afrika se epiese stryd teen apartheid en hy is ‘n ikoon wat wêreldwyd as simbool van opoffering en baken van hoop erken word.

Ambassadeur Dikgang Moopeloa, voorsitter van die Iziko-raad en Me. Rooksana Omar, Iziko se hoof uitvoerende beampte, het saam hul meegevoel en beste wense aan die familie, kamerade en almal reg oor die wêreld wat deur sy dood geraak is, gestuur. Ons salueer ons nasionale skat en wêreld-ikoon, Madiba, vir sy rol om ‘n nuwe nasie te bou uit die wrakstukke van ons geskiedenis vol konflik en sy vreeslose navolging van die droom van demokrasie om in ‘n nie-rassige samelewing ‘n beter lewe vir almal te skep.

In sy strewe het hy goed gebruik gemaak van al die ‘wapens’ tot sy beskikking: liefde, oorreding, vergewensgesindheid en intense politieke-kundigheid – met ‘n goeie skoot humor ten koste van homself vir goeie effek. Alhoewel Mandela ‘n leier, ikoon en simbool van die nasie was, en sy lang pad na vryheid sinoniem met die volk se geskiedenis geword het, was hy ook bekend vir sy nederigheid, sy aanvoeling vir kollektiewe leierskap en sy toegewydheid aan uitmuntende diens.

In ‘n rede op Erfenisdag 24 September 1997 te Robbeneiland as President, het Mandela gesê: “Wanneer ons museums en ons monumente ons hele diverse erfenis bewaar, wanneer die publiek hulle graag besoek en hulle ook van al die veranderinge rondom hulle kennis neem, dan sal hulle ons verbintenis met menseregte, wedersydse respek en demokrasie versterk en help voorkom dat hierdie dinge ooit weer geminag word ”.

Iziko Museums van Suid-Afrika sal voortgaan om die nalatenskap van ons geliefde Madiba te eer, met ons visie steeds “Uitmuntende Afrika Museums wat alle mense inspireer en bemagtig om ons diverse erfenis te vier en respekteer” asook Mandela se droom om ‘n beter lewe vir almal te skep.

Onssalueer u Tata en kan maar net hoop om troos in u eie woorde te soek: "Die dood is iets wat onvermydelik is. Wanneer 'n man gedoen het wat hy as sy plig geag het vir sy volk en vaderland, kan hy in vrede rus. Ek glo ek het die nodige gedoen en dit is waarom ek  tot in ewigheid sal rus.”"1]

Robala kakgotso Madiba. Phumla ngoxolo Madiba. Rus in vrede Madiba.

Ambassadeur Dikgang Moopeloa
Voorsitter
Raad van Iziko Museums van Suid-Afrika

Rooksana Omar
Hoof uitvoerende beampte
Iziko Museums van Suid-Afrika

 


blog comments powered by Disqus