Search
Close this search box.
Search
Close this search box.
Search
Close this search box.

Dink na oor ons gedeelde kultuurerfenis en sluit aan by Iziko Museums van Suid-Afrika en vennote vir die in_herit FEES 2021!

08/09/2021

Vir media-foto’s en versoeke, kontak asseblief vir Zikhona Jafta by e-posadres: mediaofficer@iziko.org.za

Sluit hierdie jaar aanlyn en op die terrein aan by Iziko-museums vir die jaarlikse in_herit_FEES 2021 – ’n dinamiese kultuurprogram en Erfenisdag-viering vanaf 20-26 September!  

Iziko-museums het in noue samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland, die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, SupuSupu Khoi Taalprojek, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, die Wes-Kaapse Taalkomitee, die Afrikaanse Taalraad, die Swahili Taalraad van Suider-Afrika, die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se Sentrum vir die Boek en die Inheemse Tale-forum (ILAF) ‘n veelsydige en boeiende program saamgestel ter viering van Suid-Afrika se diverse en gedeelde erfenis.

September is een van die opwindendste maande in Suid-Afrika se program-kalender, aangesien dit die tydperk is waarin ons ons land se uiteenlopende kultuurerfenis en identiteite vier.  Om ‘n gunstige ruimte te skep vir die viering van hierdie erfenis, bied Iziko-museums se in_herit FEES 2021 ‘n uiteenlopende verskeidenheid aktiwiteite aan wat poog om voorsiening te maak vir ‘n diverse gehoor en ‘publiek’. Hierdie aktiwiteite wissel van aanlyn openbare gesprekke oor aktuele kwessies, tradisionele dans-vertonings, uitstallings, uitreikingsaktiwiteite, ’n slaweroete staptog, agter-die-skerms toere, werkswinkels, vooraf opgeneemde gesprekke, planetarium vertonings, jazz-optredes, jeug poësie leessessies, verskeie uitstallings en nog vele meer. 

Die in_herit FEES program en programbesonderhede gaan aanlyn HIER beskikbaar wees. Iziko-museums was gedurende hierdie onseker tydperk aanlyn en besig om ons unieke werk en versamelings op die webwerf ten toon te stel. Besoek gerus  www.iziko.org.za om alles wat ons bied te ontdek en verken en beplan dan jou besoek aan die Iziko Museums van Suid-Afrika HIER. Moenie vergeet om ons sosiale media webblaaie op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok te “like” en “follow” nie!

Ons nooi gemeenskappe en verskillende sektore van die samelewing uit om deel te neem en deel te word van die viering van ons erfenis. Let asseblief daarop dat elke geleentheid gaan plaasvind met inagneming van al die Covid-19-regulasies. 

Terwyl ons nadink oor die belangrikheid van ons gedeelde kultuurerfenis in nasiebou en die bevordering van maatskaplike samehorigheid, laat ons dan die woorde van die stigtervader van Suid-Afrika, Nelson Mandela, onthou wat eenmaal gesê het: “Ons ryk en gevarieerde kultuurerfenis het ‘n diepgewortelde krag wat aangewend kan word om ons nasie te help bou.” 

Ons bring ook ‘n spesiale huldeblyk aan families en vriende wat hul geliefdes weens Covid-19 aan die dood afgestaan het. Ons doen ‘n beroep op almal om hul inenting te ontvang en voort te gaan om alle Covid-19-protokolle te volg.

Vir nadere besonderhede oor die in_herit FEES, kontak gerus Dr Wandile Goozen Kasibe by 021 481 3804/13 of stuur ‘n e-pos na wkasibe@iziko.org.za. Die program gaan binnekort op die Iziko-webwerf gelaai word.

Search
Close this search box.

Visit

Exhibitions & Events

Inside Iziko

Iziko Museums

About

Dear Visitor

Please be advised that the Iziko Bo-Kaap Museum will be closed on Thursday, 01 August 2024 due to a power maintenance affecting the entire area.

We apologize for any inconvenience this may cause.

Iziko Management

Dear Visitor 

 

Iziko Museums’ Winter Operating Hours Update. 

 

Please be advised that the weekend(SAT and SUN) operating hours have been adjusted. 

The museums will open operate from 08h30 to 16h00 on weekends during winter.

 

Saturdays from 08h30 to 16h00

Iziko South African Museum and Planetarium, Iziko South African National Gallery, 

Iziko Bo-Kaap Museum and Iziko Slave Lodge. 

 

Sundays from 08h30 to 16h00

Iziko South African Museum and Planetarium and Iziko South African National Gallery. 

 

By order 

Iziko Management.